Kadetkampe

Die kadetkorps wat in die vroeë jare sestig gestig is, is intussen ontbind en daar vind dus tans geen opleiding plaas nie. Daar is dus ‘n geslag jong seuns en dogters wat opgegroei het en ook tans opgroei sonder hierdie basiese opleiding. ‘n Groep van ons voormalige oud-offisiere en onder-offisiere het dit goedgedink dat ons aan hierdie jong seuns en dogters hierdie basiese opleiding moet oordra. Dit kan hulle net help met, watter beroep hy/sy ookal vorentoe mag kies. Ons het alreeds ongeveer 2000 vorige kadette opgelei. Hierdie opleiding is slegs bedoel vir Boere-Afrikaner skoolseuns vanaf 16-jarige ouderdom (hoërskoolseuns) wat naweke en vakansies beskikbaar is vir hierdie opleiding. Ouer manne wat ook nie enige vorm van militêre opleiding gekry het nie, maar wat ouer is, is ook welkom. Tydens hierdie opleiding sal onder andere die volgende vakke behandel word:  drilwerk, militêre orde, spangees, ongewapende selfverdediging, vermomming en bekruiping, navigasie, pynbalskiet, nagaanvalle, oorlewing en uiteindelik die hantering van vuurwapens.

Ons wil u verseker dat hierdie opleiding heeltemal wettig is en dat ons slegs hierdie militêre tradisie wil voortsit asook om hom te help om sy naasbestaandes in nood te kan help. Dit is dus defensief van aard. Dit het ook ten doel en om hierdie seuns geleidelik van seun na man te omvorm. Ons vra u dus om hierdie opleiding baie sterk vir u seun te oorweeg.

Die kampe vind gereeld plaas gedurene skoolvakansies en ook naweke.
AANSOEKVORM
DEBIETORDER

Weerbaarheid

Die Kommandokorps bied Weerbaarheidsnaweke aan waar ons mense geleer word om vuurwapens te hanteer en daarmee te skiet. Gedurende hierdie kursus word ook Noodhulp, Brandbestrydings en Selfverdedigingskursusse aangebied. Daar is sedert 2001 al meer as 2,000 mense hierin opgelei.

AANSOEKVORM
DEBIETORDER

Leiervorming

Die Kommandokorps lei sy eie leierskorps op, gebasseer op internasionale standaarde. Hieronder sorteer Adjudante (die ou onder-offisier) Offisiere asook instrukteurs. Die silabus wat ons volg is enige tyd op dieselfde standard as die weermag en polisie.

AANSOEKVORM
DEBIETORDER

Moorde

Ons mense word teen ‘n skrikwekkende tempo uitgemoor, heelwaarskynlik in navolging van die NDR (Nasionaal Demokratiese Rewolusie). Die fotos in hierdie lêer spreek vanself.

AANSOEKVORM
DEBIETORDER

Ledebesoeke

Die Kommandokorps het ‘n unieke metode van beveiliging. Ons is NIE ‘n sekuriteitsmaatskappy wat beveiliging doen teen tariewe nie. Ons beveilig mekaar onderling. Daarom doen ons ledebesoeke en NIE patrollies nie. Patrollies is die werk van die polisie ten einde ‘n hele gebied te beveilig, ongeag van wie daarbinne woon. Ons stel nie belang in die hele gebied nie, want dan moet ons vreemde elemente ook beveilig. Ons stel net belang in ons eie mense.

AANSOEKVORM
DEBIETORDER