WIE IS HIERDIE MAN –
FRANZ JOOSTE?

As laerskool seun het hy in verskeie plattelandse plaasskole onderrig gekry en word hy as skoolseun afwissellend op ‘n vrugteplaas en soms in die dorp groot.

As 7-jarige skoolseun het hy al die lande in die wêreld se vlae geken.

As Graad 1 skoolseun, ontvang hy gedurende republiekwording in 1961, ‘n oranje-blanje-blou Unievlaggie van sy pa wat skoolhoof van ‘n plaaslike laerskooltjie tussen Delareyville en Lichtenburg was. Hierdie vlaggie het ‘n groot invloed in sy Vaderlandsliefde gehad en hy besit dit vandag nog.

In Oktober 1964 het hy as 10-jarige skoolseun, Dr. Verwoerd se toespraak by De Wildt bygewoon. Hy was in besonder beïndruk deur die geesdrif van die mense tydens hierdie geleentheid. Op hierdie stadium het hy alreeds Dr. Verwoerd se hele kabinet geken.

In 1966 is oupa Frank Jooste, 18 dae na Dr. Verwoerd oorlede, nadat hy ‘n hartaanval gekry het by die aanhoor van die moord op Dr. Verwoerd. Hierdie twee sterftes kort na mekaar het hom geweldig getref en hy het vervolgens baie patrioties geword.

LEES MEER